Byderhand is 'n eksperimentele ruimte vir skep, skryf en lees in nuwe kontekste. In Byderhand Clover Aardklop 2015 het die fokus op plekspesifieke digitale literatuur geval. 

 

Byderhand Clover Aardklop 2015 (6 tot 10 Oktober 2015) was ʼn interaktiewe leesfees vir ieder en elk.

Die projek het uit vier subprojekte bestaan: Tuinverse in die Botaniese Tuin, Rusplekstories in die Boeke-Oase, ‘n Dwaalverhaal by die Hoër Tegniese Skool (HTS) en Taxistrips op die pendelroete. Hier kon besoekers met 'n selfoon of tablet gedigte en stories in Potchefstroom oor Potchefstroom lees en nuwe werk ervaar van skrywers en kunstenaars soos TT Cloete, Strijdom van der Merwe, Hans du Plessis, Harry Kalmer, Khaya Mtshali, Sophia Kapp, Roela Hattingh, Franci Greyling, Frederick J Botha, Susan Smith, Helene de Kock, Heilna du Plooy, Flip Hattingh, Gerrit Jordaan, Deon Meiring en Zinelda McDonald.

Byderhand het die ATKV-Aartvark-Prys vir Grensverskuiwende Werk by die fees ontvang.

 

Ná die fees leef Tuinverse voort as 'n permanente installasie in die NWU-Botaniese Tuin. Die Botaniese Tuin is weeksdae oop tussen 08:00 en 16:00.

Die Rusplekstories kan sedert Augustus 2016 in De Jonge Akker op die NWU Potchefstroomkampus gelees word.

'n Nuwe projek vir 2016: Tuinverse in die Digterstuin, Breytenbachsentrum, Wellington.

 

Om deel te neem aan die projek moet jy jou selfoon of tablet met internettoegang byderhand hê. Laai ʼn QR-leser af (QR code reader), skandeer die QR-kode en geniet die leeservaring.

 

Wat is 'n QR-kode? Wat is 'n QR-leser?

QR-kode, afkorting vir Quick Response Code, is die handelsmerk vir 'n tweedimensionele stafieskode. Die kode is in Japan ontwikkel en is aanvanklik in die motorvervaardigingsbedryf gebruik. QR-kodes word deesdae vir baie gebruike ingespan, onder andere om direkte toegang tot die internet te kry. Gewoonlik word 'n slimfoon (of tablet) as 'n QR-skandeerder gebruik. Om 'n QR-kode te kan lees, is dit nodig om 'n QR-leser (bv. QR code reader) op die mobiele toestel af te laai. Die geskandeerde kode word dan in 'n bepaalde vorm omgeskakel, byvoorbeeld na 'n URL vir 'n webwerf. Gebruikers kan hulle eie QR-kodes aanlyn skep.

 

Byderhand word aangebied deur die Vakgroep Skryfkuns aan die Noordwes-Universiteit, Potchefstroomkampus.

Die projek word onderneem in die Navorsingseenheid Tale en Literatuur in die Suid-Afrikaanse Konteks en vorm ook deel van die vestiging van digitale humaniora aan die Noordwes-Universiteit.

Die projek word moontlik gemaak deur befondsing van Die Dagbreek Trust, die Navorsingseenheid en die vakgroep Skryfkuns in die Skool vir Tale, NWU.




So maak mens:





...

Tuinverse

Sien meer


...

Digterstuin

Sien meer


...

Rusplekstories

Sien meer


...

Dwaalverhaal

Sien meer


...

Taxistrips

Sien meer

"Aardklop sommer 'Byderhand'" – Ida Steenkamp – Wapad, 3 September 2015 (p 4)

Interaktiewe kuns (‘n Interaktiewe leesfees) – Stephanie Nieuwoudt – Taalgenoot -  Lente-uitgawe 2015

‘n Storie-avontuur op HTS se skoolterrein – Potchefstroom Herald – 23 Junie 2016 (p 13)

‘n Tuin vol gedigte – ‘n nuwe ervaring - e-PUKaner (Augustus 2016)
http://www.nwu.ac.za/sites/www.nwu.ac.za/files/files/p-alumni/documents/e-PUKaner_Aug2016.pdf

Kyk: Tuinverse groei soos wilde knoffel – Jo Prins – Netwerk24 - 04 Oktober 2016 http://www.netwerk24.com/Stemme/Aktueel/tuinverse-groei-soos-wilde-knoffel-20160930

Maroela Media: "Raak deel van 'n interaktiewe leeservaring" - Burger Meyer - 8 Sept 2015 http://maroelamedia.co.za/blog/afrikaans/luister-raak-deel-van-n-interaktiewe-leeservaring-by-aardklop/

LitNet: "Clover Aardklop 2015: Onderhoud oor die Byderhand-leesprojek" - Naomi Meyer - 28 September 2015 http://www.litnet.co.za/clover-aardklop-2015-onderhoud-oor-die-byderhand-leesprojek/

Byderhand rusplekstories in De Jonge Akker - Eish - September 2016

http://www.nwu.ac.za/sites/www.nwu.ac.za/files/files/i-media/I-eish-201606/byderhand.html
http://www.nwu.ac.za/sites/www.nwu.ac.za/files/files/i-media/af-eish-201606/byderhand.html
http://www.nwu.ac.za/sites/www.nwu.ac.za/files/files/i-media/tn-eish-201606-3/byderhand.html

Byderhand-projek maak woorde ’n multisensoriese ervaring - Afrikaans.com - 2 Maart 2017 http://www.afrikaans.com/news-headlines/taalnuus/byderhand

 







Toestemming: Byderhand 2015 is ʼn kreatiewe en navorsingsprojek oor plekspesifieke digitale literatuur. Wanneer jy deelneem aan die projek verleen jy toestemming dat die data vir navorsingsdoeleindes gebruik kan word. Jou deelname aan en terugvoering oor die projek is waardevol.