Byderhand Karootuinverse is 'n interaktiewe leeservaring by die Karoo Woestyn Nasionale Botaniese Tuin in Worcester.
Toe kom jy met die sandpaadjie op
struikel oor ’n klip
en val in ’n doringgedoente vas –
die kaktus se naam het jy vergeet
(Diana Ferrus)
Die projek, wat toeganklik is vir siende en siggestremde persone, vorm deel van die brailleroete wat deur die Karoo Woestyn Nasionale Botaniese Tuin ontwikkel is.
Tien digters het verse geskryf. Die digters is Diana Ferrus, William Rowland, David Kramer, Daniel Hugo, Pieter Hugo, Basie Duvenhage, F.W. de Jongh, Jacques Coetzee, Suenel Bruwer-Holloway en Floris A. Brown. Ervaar hoe digters self hulle gedigte voorlees en geniet verwerkings in die vorm van vertalings, musiekverwerkings en tipografiese animasie.
Gebruik jou selfoon en skandeer die QR-kode, geniet die verse en stories en ontdek die wêreld saam met die skrywer.
Byderhand Karootuinverse is 'n samewerkingsprojek van Byderhand (NWU), die Karoo Woestyn Nasionale Botaniese Tuin en die Pionierskool vir Siggestremdes in Worcester. Personeel van die Pionierdrukkery help met praktiese aspekte t.o.v. braille en toeganklikheid. Byderhand Karootuinverse is in September 2022 bekendgestel.
daar is geen ander plek
wat soveel verlange wek
as die Worcestervallei
wat onder die hange van blou berge gedy.
(Diana Ferrus)
Die Karoo Woestyn Nasionale Botaniese Tuin is geleë aan die voet van die Hexrivier bergreeks. Die Tuin bewaar en vertoon plante van die droë en semi-droë streke van suidelike Afrika, met die hooffokus op vetplante.
Die Tuin is 154 hektaar, waarvan 11 hektaar bewerk is met verskeie interessante temas. Die natuurlike gebied bied drie staproetes aan met ‘n besonderse uitsig oor die Breedevallei. Die Tuin het ‘n groot versameling vetplante wat net met voorafbespreekte begeleide toere besigtig kan word. Die beste tyd van die jaar om die Tuin te besoek is in die lente wanneer die eenjariges en vygies blom.
The Karoo Desert National Botanical Garden lies at the foot of the Hexriver Mountain Range. The Garden conserves and displays plants from arid and semi-arid regions of southern Africa, with the main focus on succulents. The Garden is 154 hectares of which 11 hectares are cultivated with various interesting themes. The natural estate offer three hiking trails with breath-taking views of the Breede Valley. The Garden is home to a large succulent collection that can only be viewed with pre-arranged guided tours. The best time of the year to visit the Garden is in spring when the annuals and mesembs are flowering.
Die brailleroete is 154m lank en het verskeie inligtingspunte asook gedigte oor die Karoo. Die roete is rolstoeltoeganklik met interaktiewe punte waar besoekers die plantteksture kan voel en verskillende geure van plante kan ruik en om die gebruik van al die sintuie te inkorporeer. Al die tekens het brailleplate en QR-kodes wat die besoekers toelaat om te kies om die inligting en gedigte te lees of te beluister. ’n Randsteen aan die linkerkant van die paadjie lei die besoekers deur die roete.
The braille trail is 154m long with various information points and poems about the Karoo. The trail is wheelchair accessible and has interactive points where visitors can feel the plant textures and smell different scents of plants to incorporate the use of all the senses. All signs have braille plates and QR codes which allow the visitors to choose to read or listen to the information and poems. A kerb on the left will guide visitors through the trail.
Pionierdrukkery is ’n lektuurproduksie-eenheid wat leer-, lees- en onderrigmateriaal in braille-, klank- en grootskrifformaat aan blinde en siggestremde persone in Suid-Afrika (en aangrensende lande) verskaf. Die Pionierdrukkery is ’n nie-winsgewende organisasie wat hulle eie fondse in. Die drukkery werk in noue samewerking met die Pionierskool en die Innovation for the Blind. (2018) pioneerprinters.org.za
vir meer inligting besoek:
Toestemming: Byderhand is ʼn kreatiewe en navorsingsprojek oor plekspesifieke digitale literatuur. Wanneer jy deelneem aan die projek verleen jy toestemming dat die data vir navorsingsdoeleindes gebruik kan word. Jou deelname aan en terugvoering oor die projek is waardevol.