“Byderhand” is 'n eksperimentele ruimte vir skep, skryf en lees in nuwe kontekste.
Die doelstellings van dié eksperimentele ruimte is om digitale literatuur deur middel van praktykgebaseerde navorsing en vanuit verskeie invalshoeke te ondersoek. Die projekfokus val tans op plekspesifieke digitale literatuur.
Plekspesifieke literatuur bestaan reeds van oudsher af. Voorbeelde hiervan is rotskuns, grafskrifte, monumente en graffiti. Die beskikbaarheid van draagbare toestelle (selfone en tablette) met internettoegang maak dit vandag moontlik om 'n konkrete plek met die onbegrensde kuberruimte te kombineer.
Plekspesifieke digitale literatuur poog in die eerste instansie om plekspesifiekheid te bevorder. Die leser moet daarom op die besondere plek wees om die teks en die plek as 'n eenheid te ervaar. In hierdie eksperimentele literatuurvorm gaan dit primêr oor die geskrewe of gesproke woord. Digitale tegnologie bied egter ook die moontlikheid om 'n verskeidenheid modusse en media te kombineer en om die leser op verskeie wyses interaktief te betrek.
Die projek is aanvanklik aangebied by die Clover Aardklop Nasionale Kunstefees 2015. Kunstefeeste bied die ideale geleentheid om met plekspesifieke literatuur te eksperimenteer en 'n groot verskeidenheid lesers binne 'n kort tyd te bereik. Navorsing oor die lesers se ervaring van die projek en die verskeidenheid tekste het 'n belangrike deel van die navorsing tydens Clover Aardklop 2015 uitgemaak. Watter moontlikhede bied dié tegnologie en literatuurvorm vir die skrywer? Hoe kan so 'n projek in plaaslike omstandighede prakties uitgevoer word? Hoe ervaar lesers die verskillende vorme van plekspesifieke digitale literatuur? Hoe kan die wisselwerking tussen skrywer, leser, tegnologie en plek verstaan word? Hierdie is slegs enkele van die vrae wat deur die projek ondersoek word.
Byderhand Clover Aardklop 2015 het uit vier subprojekte bestaan waarin met verskeie genres en formate geëksperimenteer is en verskillende teikengroepe betrek is. Gevestigde en opkomende skrywers (kunstenaars, ontwerpers, musici, programmeerders) met 'n verbintenis met Potchefstroom is genooi om werk vir die projek te skep. In aansluiting by die interdissiplinêre aard van die projek, word navorsers uit verskillende dissiplines betrek, waaronder Skryfkuns, Letterkunde, Filosofie, Grafiese Ontwerp en Rekenaarlinguistiek. In die meeste gevalle is die navorsers ook as skrywers of kunstenaars in die projek betrokke.
Die vier subprojekte by Clover Aardklop Nasionale Kunstefees 2015 was:
1. Tuinverse in die NWU Botaniese Tuin. Gedigte en kleuterversies deur 15 digters. Kuns deur Strijdom van der Merwe. Subprojekleier: Bernard Odendaal. Die Tuinverse is ná die kunstefees 'n permanente in die NWU Botaniese Tuin.
2. Rusplekstories in die Boeke-Oase. Kortverhale en kinderstories deur 'n verskeidenheid skrywers en kunstenaars. Die Rusplekstories kan sedert Augustus 2016 in De Jonge Akker op die NWU Potchefstroomkampus gelees word.
3. Dwaalverhaal by die Hoër Tegniese Skool. Tienerverhaal geskryf deur Hans du Plessis in samewerking met Skryfkunsstudente.
4. Taxistrips by die pendelroete. Kunstenaar: Khayalethu Mtshali.
Die projek is goed ontvang by die kunstefees en het reeds verskeie toekennings ontvang en navorsingsuitsette opgelewer.
In 2016 is 'n Tuinverseprojek onderneem in die Digterstuin van die Breytenbach Kultuursentrum, Wellington.
In 2017 en 2018 is 'n projek in samewerking met die Pionierskool vir Siggestremdes in Worcester onderneem. Die projek is in Augustus 2018 bekendgestel en bestaan uit twee subprojekte:
1. Tuinverse in die multisensoriese tuin op die skoolterrein. Gedigte en kinderversies deur ses digters.
2. Pionierstories op die skoolterrein en in Blindiana Barista, 'n koffiewinkel by Innovation of the Blind. Dié versameling bestaan uit 27 verhale, vertellings en gedigte deur 23 leerders, oudleerders en personeel van die Pionierskool
Die Byderhand Karootuinverse-installasie is reeds sedert 2018 beplan en is in September 2022 in die Karoo Woestyn Nasionale Botaniese Tuin in Worcester bekendgestel. Die projek is in samewerking met die tuinbestuur onderneem en die brailleroete en tuinverse-installasie is geïntegreerd met beoogde tuinontwikkelings beplan en onderneem.
“Byderhand” word onderneem binne die Navorsingseenheid Tale en Literatuur in die Suid-Afrikaanse konteks, Noordwes-Universiteit, Potchefstroomkampus. Die projek vorm ook deel van die vestiging van digitale humaniora in die Fakulteit Lettere en Wysbegeerte. Die projek word befonds deur die Navorsingseenheid Tale en Literatuur in die Suid-Afrikaanse konteks en die Vakgroep Skryfkuns, Skool vir Tale, NWU. “Byderhand Clover Aardklop 2015” is moontlik gemaak deur befondsing van Die Dagbreek Trust.
Hypertext & Art: A Retrospective of Forms. 6-20 September 2023. Capitoline Museum, Northwest Wing, Area of the Temple of Jupiter Capitolinus, Piazza del Campidoglio, Roma, Italy. Die uitstalling vorm deel van die “Association for Computing Machinery” (ACM) se “Hypertext and Social Media 2023”-kongres wat September 2023 in Rome plaasgevind het. https://the-next.eliterature.org/exhibition/hypertext-and-art/
Artikel: Franci Greyling. 2023. Elektroniese Literatuur. Literêre terme en teorieë. https://www.literaryterminology.com/index.php/e/1606-elektroniese-literatuur
Unconference symposium: New Media Writing Price Unconference 2023. Digital Literature for social good. Hosted by Bournemouth University (UK) in partnership with the Electronic Literature Organization and the British Library. Online. 17-18 January 2023. Artist Talk: Franci Greyling. Byderhand Karoo Garden Poems: A braille trail, accessibility, and locative literature.
Kongres: Digital Humanities in Precarious Times. 2–4 November 2022, Vanderbijlpark. Simposium: Byderhand: Co-creation, inclusivity and accessibility of site-specific digital literature Franci Greyling: Reflections on walking, emplacement and the co-creation of locative poetry in the Byderhand project. Gustaf Tempelhoff: Beyond the screen: Accesibilizing platforms, interfaces and experiences within the Byderhand-Pioneer project. Suna Verhoef: Applying the Expanded Core Curriculum through a locative literature project in a multisensory garden at a school for the visually impaired.
Conference: Walking Arts encounters, Walking Arts and Relational Geographies, Girona, Olot and Vic, Spain, 5-9 July 2022. Referaat: Franci Greyling: Climbing the rock path up the ridge: Reflections on walking and the co-creation of locative poetry.
Kongres van die Afrikaanse Letterkundevereniging (ALV). 15 – 17 Sept 2021:
Referaat: Bernard Odendaal: Manifestasies van sintuiglikheid in enkele gedigte ingesluit by twee digitale Byderhand-installasies te Worcester
Referaat: Franci Greyling: Beliggaamde ruimte in lokatiewe narratiewe deur persone met siggestremdheid
Navorsingsartikel- Susan Smith. 2021. Literêre kartering van plek: ’n geokritiese ondersoek na materiële verbeelding en ingeplaaste skryf in twee “Tuinverse”. Litnet Akademies (Geesteswetenskappe), Jaargang 18:2.
https://www.litnet.co.za/literere-kartering-van-plek-n-geokritiese-ondersoek-na-materiele-verbeelding-en-ingeplaaste-skryf-in-twee-tuinverse/
Aanlyn werkswinkel oor lokatiewe literatuur. 17 Julie, 31 Julie en 21 Augustus 2021.
Drieledige aanlynkursus ontwikkel en aangebied deur die bestuurspan van die Byderhandprojek in samewerking met die ATKV-Skryfskool. Aanbieders: Franci Greyling, Gustaf Tempelhoff, Bernard Odendaal, Suna Verhoef, Hans du Plessis, Susan Smith.
MIX2021 Amplified publishing. 3 – 6 Julie 2021.
Referaat: Franci Greyling & Gustaf Tempelhoff: Creating and accessibilising locative literature for persons with visual impairment: challenges, solutions, and new opportunities.
Drieluik Navorsingsartikels in Tydskrif vir Geesteswetenskappe, Jaargang 60 No. 4-2: Desember 2020.
Artikel: Franci Greyling, Suna Verhoef & Gustaf Tempelhoff. 2020. Die Byderhand-Pionierprojek: ʼn Gevallestudie van die deelnemende dinamika in die skep en toeganklikmaking van lokatiewe literatuur vir persone met siggestremdheid. Tydskrif vir Geesteswetenskappe, Jaargang 60 No. 4-2: Desember 2020, 1336-1362.http://tgwsak.co.za
Artikel: Bernard Odendaal. 2020. Manifestasies van sintuiglikheid in enkele gedigte ingesluit by twee digitale Byderhand-installasies te Worcester. Tydskrif vir Geesteswetenskappe, Jaargang 60 No. 4-2: Desember 2020, 1363-1385.http://tgwsak.co.za
Artikel: Franci Greyling. 2020. “Wie is dan blind?” Beliggaamde ruimte in lokatiewe narratiewe deur persone met siggestremdheid. Tydskrif vir Geesteswetenskappe, Jaargang 60 No. 4-2: Desember 2020, 1386-1409.http://tgwsak.co.za
Boekhoofstuk: Philip van der Merwe. 2020. The Dialectic of Life and Death in the “Garden Verses” of the Karoo Desert National Botanical Garden." In: Planka, S. & Cubukcu, F. (reds). Death and garden narratives in literature, art and film: Songs of death in paradise. Lexington Books.
https://rowman.com/ISBN/9781793625892/Death-and-Garden-Narratives-in-Literature-Art-and-Film-Song-of-Death-in-Paradise
Braille publikasie: 2020. Byderhand-Pionierprojek: Plekspesifieke digitale literatuur, Versameling: Pionierskool vir siggestremdes. Braille.
Byderhand-Pionier 2019: Versameling. 2019. Byderhand-Pionierprojek: Plekspesifieke digitale literatuur, Versameling: Pionierskool vir siggestremdes. 2018.
Franci Greyling bespreek Byderhand as 'n voorbeeld van ʼn digitale humaniora projek. Die lesing is aangebied by die 2de Nasionale Digitale-Humaniora-Werkswinkel, 4-8 April 2016, NWU, Potchefstroom.
International conference (virtual): ELO2020 (The Electronic Literature Organization Conference & Media Arts Festival), UCF, Orlando, USA. 16-19 July 2020:
Deelname aan internasionale paneel: Applied E-lit as Participatory Research Creation for Social Change.
Franci Greyling & Gustaf Tempelhoff: The Byderhand Pioneer Project: Accessible Locative Literature in a Multisensory Garden at a School for the Visually Impaired
https://stars.library.ucf.edu/elo2020/live/roundtables/3/
MA in Grafiese Ontwerp
Skripsie: Gustaf Tempelhoff. 2019. Koppelvlakontwerp om plekspesifieke digitale literatuur toeganklik te maak vir gebruikers met siggestremdheid.
Skripsie voorgelê ter gedeeltelike nakoming van die vereistes vir die graag Magister Artium in Grafiese Ontwerp aan die Noordwes-Universiteit.
Navorsingsartikel: Stilet:
Artikel: Franci Greyling. 2019. "Ek loop hier in die labirint": Digitale kinderverse in 'n botaniese tuin: performatiwiteit en relasionaliteit. Stilet 30(1-2):207-227. https://stilet.digital/digitale-kinderverse-in-n-botaniese-tuin-performatiwiteit-en-relasionaliteit/
Comber 2019 – Community-Based Educational Research, NWU, Potchefstroom, 21 – 22 Nov 2019:
Referaat: Franci Greyling: Our own stories: a site-specific digital literature project in collaboration with a school for learners with visual impairment.
Referaat: Gustaf Tempelhoff: Agter die skerms: Koppelvlakontwerp vir en in samewerking met ʼn skool vir leerders met siggestremdheid.
International Conference on Information Literacy (ICIL) 2019, Vanderbijlpark, 23-26 September 2019:
Referaat: Gustaf Tempelhoff: Designing inclusive and accessible platforms: site-specific digital literature for people with visual impairment
Algemene simposium: Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns, Pretoria, 12-13 September 2019:
Referaat: Franci Greyling: Byderhand tuinverse: Gelaagde ervarings van omgewing, tegnologie en literatuur.
International conference: ELO2019 (The Electronic Literature Organization Conference & Media Arts Festival), UCC, Cork, Ireland. 15-17 July 2019:
Paneel: Franci Greyling, Bernard Odendaal, Gustaf Tempelhoff: Site/sight-specific digital literature: An interdisciplinary project for and with persons with visual impairment.
Franci Greyling: Shared experiences: Collaboration and participation in a site-specific digital literature project for persons with visual impairments.
Bernard Odendaal: Writing for the visually impaired – notes on garden poems installed digitally in Worcester, South Africa
Gustaf Tempelhoff: Interface design and site-specific digital literature accessibility for people with low vision
Seminaar: Byderhand-Pionierprojek, Plekspesifieke digitale literatuur vir en saam met mense met siggestremdheid. NWU, Potchefstroomkampus 9 Mei 2019:
Referaat: Suna Verhoef: Touch, pause and engage: die skep van 'n multisensoriese tuin as samewerkende projek en toepassing van die Expanded Core Curriculum in 'n skool vir leerders met siggestremdheid
Referaat: Samewerking en deelname in ʼn plekspesifieke digitale literatuurprojek vir persone met siggestremdheid
Referaat: Gustaf Tempelhoff: Koppelvlakontwerp en plekspesifieke digitale literatuur vir persone met siggestremdheid
Referaat: Bernard Odendaal: Dig vir siggestremdes – aantekeninge oor enkele gedigte geskep vir die Byderhandinstallasies te Worcester
Referaat: Philip van der Merwe: Die dialektiek van lewe en dood in die 'tuinverse' van die Karoo Woestyn Nasionale Botaniese Tuin
Paneelgesprek: Franci Greyling, Suna Verhoef, Gustaf Tempelhoff, Quinten Pendle en Hendrik Steyn: Gedeelde ervarings - Pionierstories
DHASA (Digital Humanities Association of Southern Africa) 2nd international conference, Pretoria, 25 – 29 March 2019:
Referaat: Franci Greyling: Multi-sensory experiences: site-specific digital literature for and with persons with visual impairment
Referaat: Gustaf Tempelhoff: Interface design and accessibility for site-specific digital literature for people with low vision
Werkswinkel: Gustaf Tempelhoff: Designing inclusive and accessible platforms, interfaces and content for persons with low vision
Kongres van die Afrikaanse Letterkundevereniging (ALV), Stellenbosch. 12 – 14 Sept 2018:
Referaat: Franci Greyling: Leesstrategieë vir digitale literatuur.
International conference. Transient Topographies: Space and Interface in Digital Literature and Art. The Second Galway Digital Cultures Initiative conference, Moore Institute, National University of Ireland, Galway, 20-21 April 2018.
Referaat: Gustaf Tempelhoff: "I look at clouds from both sides now" – Interface design and accessibility for site-specific digital literature for the visually impaired.
Referaat: Franci Greyling: Experience interface and performativity in site-specific digital literature.
Navorsingsartikel - Franci Greyling, Hans du Plessis, Gustaf Tempelhoff. 2017. Verweefde netwerk van 'n plekspesifieke digitale dwaalverhaal. Stilet 29 (2) 1-25.
Artikel - Franci Greyling. 2017. Plekspesifieke digitale literatuur: Nuwe verhoudings tussen mens en plek. Woord & Daad (56) 432: 31-34.
Artikel - Franci Greyling en Wildrich Fourie. 2017. Tinboektoe toe: The remediation of an artist’s book into an application. Proceedings of Booknesses: Taking stock of book arts in South Africa. pp 228-236.
International conference and festival. ELO 2017: Affiliations, communities, translations. Fernando Pessoa University, Porto. 18-22 July 2017.
Referaat: Gustaf Tempelhoff:
Platform design for site-specific digital literature.
Referaat: Franci Greyling, Bernard Odendaal & Gustaf Tempelhoff: Byderhand Tuinverse.
(At hand: Garden poetry)
Referaat: Bernard Odendaal. The Film-verse project as a significant contribution to digital poetry development in South Africa.
Referaat: Franci Greyling. Site-specific digital literature: a community of practice.
International conference. MIX 2017: Writing Digital, Bath Spa University’s College of Liberal Arts. 10-12 July 2015.
Referaat: Bernard Odendaal. The filmverse project.
Referaat: Franci Greyling. Poetry in the botanical gardens: experiments with site-specific digital literature.
Navorsingsartikel: LitNet Akademies:
Artikel: Franci Greyling. 2017. Plekspesifieke digitale literatuur: samespel en wisselwerking in nuwe kontekste. LitNet Akademies Jaargang 14(2) http://www.litnet.co.za/plekspesifieke-digitale-literatuur-samespel-en-wisselwerking-nuwe-kontekste/
Artikel - Digstring, Versindaba.
Digstring: Susan Smith. Digstring. "By die soetdoring" (Susan Smith)
http://versindaba.co.za/2017/02/07/digstring-by-die-soetdoring-susan-smith/
International colloquium. Booknesses: Taking Stock of the Book Arts in South Africa, Faculty of Art, Design & Architecture, Bunting Road Campus, University of Johannesburg. 24 - 26 March 2017.
Referaat: Franci Greyling & Wildrich Fourie. Tinboektoe toe app: Remediating an artist’s book into an application.
Inaugural Conference of the Digital Humanities Association of Southern Africa (DHASA 2017), Stellenbosch. 17-20 Jan 2017.
Referaat: Franci Greyling. Digital humanities practice: Site-specific digital literature.
Tuin van digters #digkunsvir almal, Breytenbachsentrum, Wellington. 16-18 September 2016:
DIGITALE DIGKUNS
Met: Bernard Odendaal, Diek Grobler, Yves T'Sjoen en Franci Greyling (gespreksleier); voorlesings deur Danie Marais, Alfred Schaffer, Zandra Bezuidenhout en Hennie Nortjé
Byderhand
is 'n projek van die Noordwes-Universiteit (Potchefstroomkampus) waarin digitale digkuns en die natuur op vindingryke manier bymekaar uitkom, deurdat jy op jou slimfoon, via 'n strepieskode in die natuur aangebring, 'n gedig kan aflaai wat met die tuingegewe te doen het. Hierdie projek is met groot sukses in die NWU se Botaniese Tuin aangebied tydens die Aardklop-fees in 2015. Enkele splinternuwe tuinverse is vir die Tuin van Digters geskryf en digitaal bewerk. Filmverse is op sy beurt 'n projek waarin digters se verse tot animasiefilms verwerk word. Betrokkenes by beide projekte kom gesels oor wat digitale digkuns behels en hoe ons vergelyk met wat in Europa gebeur. Van die digters wie se werke opgeneem is vir die Byderhand-projek, kom lees hul werk voor. 16:45 | 60 min. | Woordtent
Kongres van die Afrikaanse Letterkundevereniging (ALV), NWU. 31 Aug – 2 Sept 2016:
Sessie: Plek; landskap; media; die digitale.
Vertoning: Byderhand 2015 - projekvideo
Referaat: Bernard Odendaal. Mediosferiese verandering en die skryf en onderrig van digkuns.
Referaat: Franci Greyling. Plekspesifieke digitale literatuur: Samespel en wisselwerking in nuwe kontekste.
Colloquium: Digitale letterkunde. Noordwes-Universiteit, Potchefstroomkampus. 6 April 2016:
(Second South African Workshop op Digital Humanities, Potchefstroom Campus.)
Gasspreker: Yves T’Sjoen (Universiteit Gent, België): Ut bits & bytes poesis? Over digitale poëzie en poëzie in het digitale tijdperk.
Referaat: Susan Smith (Universiteit van Fort Hare. Oos-Londen). Ingeplaaste skryf en die materiële verbeelding. Voorlopige aantekeninge en waarnemings oor ingeplaastheid en verbeelding in twee Tuinversprojek-gedigte.
Vertelling en dataprojeksie: Nita Cronjé (ATKV): Die aanbieding van poësie in kombinasie met ander kunsvorms. ’n Oorsig van sulke ATKV-produksies
Referaat: Bernard Odendaal. Mediosferiese veranderings en die skryf en onderrig van digkuns.
Paneelbespreking: Die ontwikkeling van die dwaalverhaal. Hans du Plessis, Jaco Lubbe, Marcé Bester, Gustaf Tempelhoff, Franci Greyling.
Referaat: Gustaf Tempelhoff. Byderhand Die rol en proses van multimedia-ontwerp binne die plekspesifieke digitale literatuurprojek.
Referaat: Roela Hattingh (UJ). Labirint van labirinte: Potchefstroom as hiperskakel soos vervat in Byderhand.
Referaat: Franci Greyling & Wildrich Fourie. Tinboektoe toe toep: Remediasie van ʼn kunstenaarsboek na ʼn toepassing.
Intreerede: Noordwes-Universiteit, Potchefstroomkampus. 29 Oktober 2015: Franci Greyling: Plekspesifieke digitale literatuur: Ruimte vir eksperimentering en ontdekking.
ITOU konferensie oor vervlegte leer (Vervlegting met ʼn doel): Noordwes-Universiteit, Potchefstroomkampus. 4-6 November 2014.
Referaat: Franci Greyling. QR-stories: 'n eksperimentele ruimte.
Toestemming: Byderhand is 'n kreatiewe en navorsingsprojek oor plekspesifieke digitale literatuur. Wanneer jy deelneem aan die projek verleen jy toestemming dat die data vir navorsingsdoeleindes gebruik kan word. Jou deelname aan en terugvoering oor die projek is waardevol.