“Byderhand” is 'n eksperimentele ruimte vir skep, skryf en lees in nuwe kontekste.
Die interdissiplinêre kreatiewe en navorsingsprojek word aangebied deur die Vakgroep Skryfkuns in die Skool vir Tale aan die Noordwes-Universiteit (Potchefstroomkampus). Die projek word onderneem in die Navorsingseenheid Tale en Literatuur in die Suid-Afrikaanse Konteks, en vorm ook deel van die vestiging van digitale humaniora aan die Noordwes-Universiteit.
Die projekte word bestuur deur 'n klein kernspan. Bykomende medewerkers, skrywers en kunstenaars word by elke afsonderlike projek betrek. (Sien ook projekte.)
Toestemming: Byderhand 2015 is ʼn kreatiewe en navorsingsprojek oor plekspesifieke digitale literatuur. Wanneer jy deelneem aan die projek verleen jy toestemming dat die data vir navorsingsdoeleindes gebruik kan word. Jou deelname aan en terugvoering oor die projek is waardevol.