Byderhand Pionierstories en Tuinverse is 'n interaktiewe leeservaring by die Pionierskool vir Siggestremdes en Blindiana Barista in Worcester.

 

My huis het tien vensters twee deure

wat honger hande na die wêreld reik

             (William Rowland)

 

Die projek, wat toeganklik is vir siende en siggestremde persone, bestaan uit twee subprojekte, naamlik Tuinverse en Pionierstories.

Die Tuinverse is deel van die multisensoriese tuin op die skoolterrein. Ses digters het verse geskryf of gekies wat by die tuin pas. Die digters is William Rowland, Floris Brown, Hans du Plessis, Daniel Hugo, Bernard Odendaal en Franci Greyling (kinderverse). Ervaar hoe digters self hulle gedigte voorlees en geniet verwerkings in die vorm van vertalings, musiekverwerkings en tipografiese animasie.

Pionierstories is geskryf deur leerders, oudleerders en personeel van die Pionierskool. Hierdie bydraes is in die vorm van vertellings, kortverhale en gedigte. Die werk word voorgelees en kan deur siende en siggestremde lesers geniet word. Skrywers sluit in Jacques Coetzee, Hendrik Steyn, Ying-Shan Tseng, Sydney Berrington, Hanli Stehli en Christo de Klerk. Die Pionierstories kan op die skoolterrein van die Pionierskool of oor ‘n koppie koffie in Blindiana Barista ervaar word.

Gebruik jou selfoon en skandeer die QR-kode, geniet die verse en stories en ontdek die wêreld saam met die skrywer.

Byderhand Pionierskool is samewerkingsprojek van Byderhand (NWU) en die Pionierskool vir Siggestremdes in Worcester. Personeel van die Pionierdrukkery help met praktiese aspekte t.o.v. braille en toeganklikheid. Byderhand Pionierstories en Tuinverse is in Augustus 2018 bekendgestel.

 

Ek moet onthou:

      elke dag is ‘n ronde blou klippie

      wat ‘n klein seuntjie soos ‘n juweel in sy sak vertroetel.

             (William Rowland)

 




So maak mens:


Die Pionierskool vir Siggestremdes is geleë op die hoek van Adderley- en Kerkstraat, in die hartjie van Worcester. Beide die skool én Blindiana Barista is geleë in Kerkstraat. Kerkstraat is vernoem na die pragtige Moederkerk oorkant Kerkplein.



Die Pionierskool vir Siggestremdes is geleë op die hoek van Adderley- en Kerkstraat, in die hartjie van Worcester. Beide die skool én Blindiana Barista is geleë in Kerkstraat. Kerkstraat is vernoem na die pragtige Moederkerk oorkant Kerkplein.

Dii. C. Rabie en W. Murray was die twee visioenêre leiersfigure wat die aanvoorwerk vir die stigting van die Skool vir Dowes en Blindes gedoen het. Die Sinode van die Kaapse N.G. Kerk het in Oktober 1880 sy steun teenoor die stappe wat deur die Ring van Tulbagh geneem is om voorsiening te maak vir die onderwys van dowes en blindes in die omgewing van Worcester, geboekstaaf.

Destyds het die skool bekend gestaan as "Het Doofstommen en Blinden Instituut".

En so het die eerste skooldag vir die eerste (pas mondige) onderwyser, Jan de la Bat, op 15 Junie 1881 in 'n gehuurde kamer in Hoogstraat 64 begin. Sy "klas" – een dowe leerling, Lenie du Toit. Twee maande later was daar sewe leerders op die rol, van wie één blinde, Daniël Simonis. Eers byna tien jaar later, in 1891, is die tweede blinde, Issy Schoeman, by die Instituut opgeneem.

Geleidelik groei die getalle egter, en teen 1905 het die "Instituut" uit twee skole bestaan, een vir dowe kinders en een vir blinde kinders, elk met sy eie prinsipaal.

Op 1 Mei 1933 het die Skool vir Blindes op Worcester voorsiening begin maak vir die baie dringende behoeftes van die skoolverlaters. Hierdie nasorgafdeling van die skool het oor die jare heen so gegroei dat dit heeltemal van die skool geskei is en 'n afsonderlike inrigting geword het met 'n werkswinkel en residensiële fasiliteite. Daar is en word steeds in die opvoedkundige, maar ook die breë ontwikkelingsbehoeftes van blinde, swaksiende, doofblinde en meervoudiggestremde leerders en naskoolse jongmense voorsien, deur sowel die skool as Kaleidoscope.

Mnr. Besselaar was die eerste hoof van die Skool vir Blindes. Teen 1960 is die leerdergetal reeds 'n volle 230, en bestaan die skool uit twee afdelings – een vir swaksiendes en een vir blindes.

Oor die jare heen het blindes aan 'n verstommende verskeidenheid aktiwiteite kon deelneem: daar was 'n blaasorkes, 'n boereorkes, 'n roeiklub, 'n stoeiklub (die Vasvatklub!), die Aandster-volkspelelaer, 'n roemryke debatsvereniging met 103 lede . . . Leerlinge het selfs aan varswaterhengel deelgeneem!

Die Skool vir Blindes het ook vir hom 'n plekkie in die geskiedenis van fietsry verseker danksy die puik prestasies van 'n swaksiende leerling, Bennie Dekker, in die vroeë sestigerjare. Die bynaam van Huis Rabie, wat in vroeër jare die senior dogters gehuisves het, spreek boekdele. Dáár het mejuffrou A. Rabie die septer geswaai, en die koshuis is genoem:

Die Klooster van Arabië . . .

Musiek en lees speel 'n groot rol in die leefwêreld van baie persone met blindheid. Die stories deur oudleerders weerspieël hierdie liefde.

Die ouditorium is in 1975 in gebruik geneem, en hier word leerders deur spesialiste opgelei in braillemusiek en met groot liefde en geduld geleer om verskeie instrumente te bespeel. Skoolkore het oor die loop van 'n hele paar dekades landwyd opgetree, en CD-opnames hiervan het al versamelaarstatus bereik.

Die Pionierdrukkery is 'n toonaangewende drukkery wat lektuur in braille, grootskrif en oudio verskaf – nie net in Suid-Afrika nie, maar ook in Afrika. Dit sluit die braillering van musiek in. Die enigste braillemusiekbiblioteek in Afrika word in die ouditorium gehuisves, met 150 000 braillemusiekstukke om uit te kies.

Blindiana Barista, die koffiewinkel van Kaleidoscope het in 2017 'n metamorfose ondergaan. In dié gesellige ruimte met sy plankvloere, rottangmeubels en funky beligting kan besoekers koffie geniet wat deur die land se eerste blinde barista, Joseph Mateau, bedien word.

Pionierdrukkery is ’n lektuurproduksie-eenheid wat leer-, lees- en onderrigmateriaal in braille-, klank- en grootskrifformaat aan blinde en siggestremde persone in Suid-Afrika (en aangrensende lande) verskaf. Die Pionierdrukkery is ’n nie-winsgewende organisasie wat hulle eie fondse in. Die drukkery werk in noue samewerking met die Pionierskool en die Innovation for the Blind. (2018)
vir meer inligting besoek:

pioneerprinters.org.za




...

William
Rowland

Meer


...

Sydney
Berrington

Meer


...

Floris
Brown

Meer


...

Letitia
Bouwer

Meer


...

Jacques
Coetzee

Meer


...

Christo
de Klerk

Meer


...

Hans
du Plessis

Meer


...

Franci
Greyling

Meer


...

Juanita
Horn

Meer


...

Daniel
Hugo

Meer


...

Bernard
Odendaal

Meer


...

Joshua
Van Zyl

Meer


...

Quinten
Pendle

Meer


...

Reinette
Popplestone

Meer


...

Hanlie
Stehli

Meer


...

Hendrik
Steyn

Meer


...

Ying-Shan
Tseng

Meer


...

Madelene
van der Berg

Meer


...

Sarel
vd Westhuizen

Meer


...

Christo
Vorster

Meer


...

Shani
Little

Meer


...

Arné
van Mollendorf

Meer


...

Tammy
Watson

Meer


...

Bennie
Dekker

Meer


...

Joseph
Matheatau

Meer


...

Nicky
Labuschagne

Meer


...

Ivaan
Levendal

Meer



...

Pieter
Botes

Meer


...

Celina
Cachucho

Meer


...

Precious
Cakwebe

Meer


...

Alanka
Craffert

Meer


...

Derek
Daly

Meer


Gerrit
Jordaan

Meer


...

Mieke
Hofmeyer

Meer


Mieke
Nagel

Meer


Antoinette
Olivier

Meer


Rouxné
v.d Westhuizen

Meer


Mpho
Rakhetsi

Meer


Limari
Tempelhoff

Meer


Phil
van Schalkwyk

Meer


Andries
Heydenrych

Meer


Alma
Oosthuizen

Meer


Vanessa
Reyneke

Meer


Andiswa
Bukula

Meer


Robert
Schall

Meer


Philip
van der Merwe

Meer


Heidi
van der Merwe

Meer



Franci
Greyling

Meer


...

Gustaf
Tempelhoff

Meer


Suna
Verhoef

Meer


Bernard
Odendaal

Meer


Philip
Crouse

Meer


Elzaan
Hendriks

Meer







Toestemming: Byderhand is ʼn kreatiewe en navorsingsprojek oor plekspesifieke digitale literatuur. Wanneer jy deelneem aan die projek verleen jy toestemming dat die data vir navorsingsdoeleindes gebruik kan word. Jou deelname aan en terugvoering oor die projek is waardevol.